top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

‘Vermiste’ toeriste slaap langs rivier

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
Nov 16, 2025
1 min read

Poolse toeriste wat deur veldwagters as vermis aangemeld is, is tydens ‘n grootskaalse soektog opgespoor nadat hulle langs ‘n rivier geslaap het.


Nuusflits berig volgens polisiewoordvoerder, lt.kol. Jabu Ndubane het veldwagters by die Dientjie-polisie, in Graskop, aangemeld dat die twee vroue nie van die Belvedere-staproete teruggekeer het nie.


Hulle het vroeër die oggend vir die roete in die Bourke’s Luck Potholes-omgewing bespreek, maar teen laat die aand was daar nog geen spoor van hulle nie.


‘n Soektog is begin maar die span kon hulle nie voor donker opspoor nie en die soektog is die volgende oggend hervat.


Buiten die polisie, veldwagters en privaat rolspelers is ‘n privaat helikopter vir die soektog ingespan.


Die vroue is later ongedeerd opgespoor nadat hulle aan die span verduidelik het dat hulle langs ’n rivier geslaap het.


Bourke’s Luck Potholes. FOTO: SA-Venues
Bourke’s Luck Potholes. FOTO: SA-Venues

 
 
 

Comments


bottom of page