Vermiste vrou van Ladybrand opgespoor
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 28, 2025
- 1 min read
Amogelang Molwagae van Ladybrand, wat voorheen as vermis aangemeld is, is gevind.
Volgens 'n Vrystaatse polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, is sy in Trompsburg opgespoor. Dit blyk nie of sy enige beserings opgedoen het nie.
Sy is veilig en met haar familie en 10-jarige seun herenig.






Comments