Verwagtinge van rentekoersverhoging neem toe

Verwagtinge dat rentekoerse in Suid-Afrika volgende week verhoog sal word, het toegeneem ná die Amerikaanse Federale Reserweraad se besluit om sy sleutelkoers met 25 basispunte te verhoog.
Ekonome was verdeeld oor die vraag of die Suid-Afrikaanse Reserwebank rentekoerse tydens sy vergadering in September sou verhoog of onveranderd sou laat.
Die hoofekonoom van Investec, Annabel Bishop, sê die stap deur die Amerikaanse Federale Reserweraad versterk die argument vir ’n verhoging van 25 basispunte in Suid-Afrika.
Stygende oliepryse, wat deur die eskalerende konflik in die Midde-Ooste aangevuur word, dra by tot kommer oor inflasie.
Markte het reeds voorsiening gemaak vir nog ’n rentekoersverhoging teen die einde van die jaar.








Comments