top of page

Vier nuwe beleggers word in die Vrystaat bekend gestel

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Feb 26
  • 1 min read

Die Maluti-A-Phofung Spesiale Ekonomiese Sone in die Vrystaat stel oormôre vier nuwe beleggers bekend wat binne die sone gevestig sal word. Newskoop berig die geleentheid het ten doel om die nuwe beleggings ten toon te stel wat voordelig sal wees vir die mense van die Vrystaat, en veral die gemeenskap van Maluti-A-Phofung wat in die ooste van die Vrystaat geleë is. In ooreenstemming met die sone se doelwitte, sal hierdie beleggings grootliks bydra tot werkskepping en vaardigheidsontwikkeling. Die geleentheid word deur die Vrystaatse Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme ondersteun.

 
 
 

Comments


bottom of page