Voorgestelde wysigings aan die waterwet kan landbou ingrypend raak
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Feb 15
- 1 min read
ʼn Voorgestelde wysigingswetsontwerp van die Nasionale Waterwet kan waterverbruik deur landbouprodusente ingrypend verander.
ʼn Regs- en beleidkundige by AgriSA, Janse Rabie, sê dit kan veral die wetlike raamwerk van die lisensiëring, regulering en herverdeling van water verander.
Die nuwe weergawe van die wet is op 21 Januarie by die parlement ingedien.
Volgens die wysigings aan die wet moet regulasies versterk word om te verseker dat waterbronne doeltreffend bestuur, beskerm en bewaar word, terwyl historiese ongelykhede getakel word.








Comments