Vrae duik op oor 'n Vrystaatse hoof van water en sanitasie se doktorsgraad
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 17
- 1 min read
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het gevra vir deursigtigheid rakende die koste van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit in die Vrystaat se hoof van Water en Sanitasie, Mokete Phele, se nagraadse studies.
Die organisasie sê Phele spog sedert Maandag met ‘n doktorsgraad in Chemie.
In die agt jaar sedert hy in hierdie pos aangestel is, kon hy egter steeds geen verbetering in die voorsiening van veilige drinkwater vir inwoners teweegbring nie. Die burgerregte-organisasie hou vol dat die watervoorsiening eintlik versleg het sedert Phele se aanstelling.
AfriForum se Alta Pretorius sê dat as Ngwathe die koste van Phele se studies gedra het, hy die volle koste aan die munisipaliteit moet terugbetaal.
LUISTER:





Comments