top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vragmotorbestuurders word ná ‘n kaping gewaarsku

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 20
  • 1 min read

Vragmotorbestuurders word gemaan om nie in donker of afgeleë gebiede stil te hou nie en om eerder aangewese, veilige vragmotorstasies te gebruik.


Die Vrystaatse polisie waarsku ook bestuurders om nie vragbesonderhede met vreemdelinge te deel nie, om noodnommers op spoedskakel te hê, roetes vooraf te beplan en kapingsbrandpunte te vermy.


Bestuurders moet ook nie rylopers oplaai nie en moet aanhou ry indien hulle deur verdagte voertuie genader word.


Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê in ’n mediaverklaring die waarskuwing volg nadat ’n vragmotorbestuurder vroeër vandeesmaand sowat 50 kilometer buite Bloemfontein oorval en van sy vragmotor beroof is.


Die voertuig en vrag is later teruggevind en ’n verdagte is in Universitas, Bloemfontein, in hegtenis geneem.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

Comments


bottom of page