Vroeë reën is ‘n bekommer vir ‘n Bloemfonteinse mielieboer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 13
- 1 min read
’n Mielieboer in Bloemfontein het sy kommer oor die onlangse vroeë reën uitgespreek.
Volgens Laurens Schlebusch is die vroeë reën is nie bevorderlik vir die aanplant van mielies nie.
SABC News berig volgens Schlebusch is die vroeë reën ’n teken dat die provinsie mid-somer droogte kan ervaar wat nadelig vir mieliegroei kan wees.
Hy sê die Vrystaat het swaar reën in die oostelike dele ervaar.
Schlebusch het egter tevredenheid uitgespreek met die reën, aangesien hulle kan werk en gewasse plant sodat hul vee weiding kan hê.






Comments