top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vryheidsmaand skop amptelik in Bloem af

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 3 hours ago
  • 1 min read

Vryheidsmaand is amptelik in Bloemfontein van stapel gestuur met ’n reeks herdenkingsaktiwiteite.


Volgens die Mangaung Metro Munisipaliteit het die lid van die burgemeesterskomitee vir geïntegreerde ontwikkeling en prestasie, Theodorah Mosala, saam met die LUR vir sport, kuns en kultuur, Zanele Sifuba, die verrigtinge gelei.


Vanjaar se Vryheidsdag word herdenk onder ’n tema wat fokus op 30 jaar van demokratiese burgerskap en die oppergesag van die reg.


Die verrigtinge het begin met ’n herdenkingsstap vanaf die Militêre Museum na die Oorlogsmuseum, waar honderde mense saamgestap het in ’n vertoon van eenheid en herinnering.


Ter illustrasie. FOTO: Mangaung Metro Munisipaliteit / Facebook
Ter illustrasie. FOTO: Mangaung Metro Munisipaliteit / Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page