Vrystaat Gesondheid veroordeel die verlating van pasgeborenes
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 21, 2025
- 1 min read
Die Vrystaatse departement van gesondheid sê hulle is diep bekommerd oor die verlating van pasgebore babas. Dit kom ná onlangse berigte van babas wat in puttoilette en vullisdromme gelaat word.
Die departement sê hierdie praktyk is gevaarlik, onmenslik en onwettig.
Die Vrystaatse LUR vir gesondheid, Monyatso Mahlatsi, doen ‘n beroep op alle swanger vroue en nuwe moeders wat voel dat hulle nie vir hul babas kan sorg nie, om met gesondheidsorgverskaffers te praat oor veilige, wettige en vertroulike aannemingsopsies.
Hospitaalkraameenhede en -klinieke kan help met maatskaplike werkers op die perseel wat moeders met waardigheid, sonder oordeel en in die beste belang van beide moeder en kind deur die proses sal lei.






Comments