top of page

Vrystaatse burgemeester se opsporingstelsel is glo verwyder

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 22
  • 1 min read

Die opsporingstelsel van die voertuig waarin die burgemeester van die Phumelela-munisipaliteit in die Vrystaat, Mbuyiselwa Kobeni, in ‘n ongeluk betrokke was, is glo ten tyde van die ongeluk nie in die motor nie.

Die burgemeester ontvang tans die nodige mediese sorg om vas te stel of hy enige interne beserings opgedoen het.

Volgens DA-raadslid van die Phumelela-munisipaliteit, Doreen Wessels, word beweer dat Kobeni in Warden was, waar hy glo met geestelike leiers vergader het.

Dit is blykbaar al verskeie kere onder die munisipaliteit se aandag gebring dat munisipale voertuie misbruik word.

Volgens Volksblad sal gewag moet word totdat Kobeni terug op kantoor is voordat hy sy saak sal kan stel.

Rosestad-nuus het vroeër berig die minister van finansies, Enoch Godongwana, oorweeg dit om 11 Vrystaatse munisipaliteite se voorwaardelike toekennings te weerhou weens voortgesette wanbestuur. Phumelela, wat Memel, Vrede en Warden insluit, is een van die 11 munisipaliteite.

 
 
 

Comments


bottom of page