top of page

Vrystaatse plaaswagte het ‘n besige aand

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Heilbron Plaaswag het ’n besige nag beleef nadat hulle Donderdag in die vroeë oggendure by verskeie misdaadvoorvalle moes ingryp.


Die Heilbron Herald berig dat lede van dié plaaswag kort ná middernag ontbied is toe beeste op ’n plaas buite Heilbron aangejaag is.


Een verdagte is in hegtenis geneem, en 14 koeie en vyf kalwers is veilig teruggevind.


Later is nog vier mans in hegtenis geneem vir onwettige betreding op ’n ander plaas, terwyl nóg vier mans in hegtenis geneem is nadat hulle glo probeer het om vee te steel.


Sommige van die verdagtes was reeds op borgtog vrygelaat vir vorige oortredings.


Die plaaswag sê samewerking en vinnige reaksie bly noodsaaklik om misdaad in landelike gebiede te bekamp.


Ter illustrasie. FOTO: Grok
Ter illustrasie. FOTO: Grok

Comments


bottom of page