top of page

Vrystaatse vrou in boeie, beweer haar 'onwettige' kind is ontvoer

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Mar 11
  • 1 min read

‘n 46-jarige vrou van Bultfontein is vir regsverydeling en meineed in hegtenis geneem nadat sy valslik ‘n saak van ontvoering van haar twee-jarige seuntjie by die Thabong-polisiestasie aangemeld het. Luidens ‘n mediaverklaring van die polisie het ’n Facebook-vriendskap tot ’n reëling om ’n pasgebore baba by geboorte te ruil gelei. Die ooreenkoms het ‘n dramatiese wending geneem toe die 24-jarige biologiese ma besluit om die kind - twee jaar later - terug te neem, waarna die Bultfontein-vrou Sondag valslik ‘n saak van ontvoering geopen het. Volgens polisie-woordvoerder kaptein Loraine Earl is daar intussen ook vasgetel die biologiese ma, wat in Bloemfontein geboorte geskenk het, die kindjie met die Bultfontein-vrou se identiteitsdokument by Binnelandse Sake geregistreer het. Gevolglik sal bykomende aanklagte van Bedrog en Mensehandel teen beide die biologiese ma en die Bultfontein-vrou aanhangig gemaak word.

 
 
 

Comments


bottom of page