top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

VS broers bly agter tralies ná beweerde padwoede

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 22
  • 1 min read

Twee broers wat glo in ’n padwoedevoorval ’n man in Bethlehem erg aangerand het, bly vir eers agter tralies.


Netwerk24 berig die broers Johan en Wiaan Viljoen is die naweek in hegtenis geneem en aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer nadat hulle ’n man, vermoedelik van Gauteng, glo aangerand het.


Rosestad-nuus het vroeër berig die slagoffer is glo met 'n onbekende middel in sy gesig gespuit en aangerand is. Volgens 'n polisieverklaring het die slagoffer kneusplekke aan sy gesig en 'n gebreekte linkerbeen gehad.


Volgens Netwerk24 kan daar in 'n video-opname wat wyd gedeel is, gesien word hoe twee mans ’n ander man gewelddadig aanrand. In die video kan ook gesien word hoe die slagoffer grond toe val en nie weer kan regop kom nie. Inligting op die video-opname dui aan dat die slagoffer na bewering roekeloos bestuur het, wat glo tot die voorval gelei het.


Polisiewoordvoerder adjudant-offissier Mmako Mophiring, sê die broers se verhoor is tot Maandag uitgestel om hul aansoek om borgtog voort te sit.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

 
 
 

Comments


bottom of page