top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vullis sal steeds in MMM verwyder word

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 23, 2024
  • 1 min read

As gevolg van ‘n tekort aan trokke moet spanne naweke werk om agterstallige vullis in die Mangaung Metro Munisipaliteit (MMM) te verwyder. Volgens 'n kennisgewing van die MMM word vullis een keer ‘n week, van Maandae tot Vrydae, verwyder. Die hoofbestuurder van kommunikasie, Qondile Khedama, sê daar sal aan die agterstand aandag aangegee word soos klagtes ontstaan. Huishoudelike vullis sal op die gewone dae gedurende die Desember-Januarie Feestyd verwyder word, behalwe op die 25ste en 26ste Desember. Vullis sal wel op 1 Januarie verwyder word. Openbare skoonmaakaktiwiteite sal soos gewoonlik voortgaan.

 
 
 

Comments


bottom of page