top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vullisverwydering hervat in Bloem

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

Diesel is nou beskikbaar, en vullisverwyderingspanne in Bloemfontein sal weer begin werk.


Volgens inligting wat die DA Mangaung van die munisipaliteit se afvalbestuursafdeling ontvang het, sal spanne voortgaan met hul Maandag-skedule en daarna begin om die agterstand regoor die stad in te haal.


Verwydering sal gefaseerd plaasvind terwyl die opgehoopte vullis aangespreek word.


Die DA sê hulle is tans besig om die hoeveelheid diesel en die aanwending daarvan te verifieer.


Die kennisgewing volg nadat die DA Mangaung vroeër gesê het dat daar geen diesel vir vullisvragmotors beskikbaar was nie, met ’n agterstand van minstens drie dae in verskeie gebiede.


Ter illustraie. FOTO: Unsplash
Ter illustraie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page