Vuurwapenverwante misdaad neem toe
- Nadia Pieters

- Oct 31
- 1 min read
As Suid-Afrika ernstig is oor die beskerming van mense teen vuurwapenverwante misdaad, moet hulle, volgens kenners, onmiddellik nuwe strategieë implementeer.
The Citizen berig die aanmerking volg na die polisie se nasionale hoof van ballistiek, Brigadier Mishak Mkhabela, gesê het dat die aantal vuurwapens wat deur die polisie gekonfiskeer is, nadat dit in kriminele aktiwiteite gebruik is, toegeneem.
Hy het toegegee dat sy span sukkel met 'n aantal sake wat wag vir 'n ballistiese toetse, en het ook oor onderbemanning gekla.
Volgens ‘n professor van die Universiteit van Limpopo, Witness Maluleke, is die slegte ding daarvan om 'n stryd teen geweld met vuurwapens te verloor, dat die negatiewe impak grootliks deur wetsgehoorsame burgers gevoel word.






Comments