top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Vyf mans is in hegtenis ná moorde in Bfn      

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 8
  • 1 min read

Updated: Feb 9

Vyf mans tussen 31- en 40-jaar-oud is in hegtenis geneem in verband met die moord op twee vroue in Namibia Square in Bloemfontein.


Luidens ‘n mediaverkalring volg die inhegtenisname ure nadat polisielede die liggame van die twee vroue tydens patrollies aangetref het.


Albei slagoffers is met noodlottige skietwonde aan die agterkant van die kop gevind en op die toneel dood verklaar.


’n Intelligensie-gedrewe ondersoek het tot ’n deurbraak gelei toe ’n wit Toyota Quantum in dieselfde straat onderskep is.


’n Ongelisensieerde 9mm-vuurwapen met ammunisie is tydens die operasie gevind.


Die vyf verdagtes staan tereg op aanklagte van moord, onwettige besit van ’n vuurwapen en oortreding van die Immigrasiewet.


Volgens polisiewoordvoerder sersant Mahlomola Kareli duur ondersoeke voort, ook na ’n derde moord in Meadowsweg.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

Comments


bottom of page