top of page

‘Wanneer jy nie jou kind ondersteun nie, skep jy 'n misdadiger’

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 10
  • 1 min read

Pa’s wat hul ouerlike pligte verwaarloos het geen plek in die samelewing nie. So sê die EFF-leier, Julius Malema. Hy voeg by wanneer jy nie jou kind ondersteun nie, skep jy 'n misdadiger en, dat die misdadigers wat in gemeenskappe gevind word, veroorsaak word deur mans wat nie onderhoud betaal nie. Eyewitness News berig Malema het tydens ‘n Vrouedag-saamtrek in Secunda ‘n beroep op die regering gedoen om strenger op te tree teen pa’s wat aanhoudend weier om hul kinders finansieel te ondersteun. Volgens die Departement van Justisie is daar meer as 170 000 onvolledige kinderonderhoudsaansoeke regoor die land.

 
 
 

Comments


bottom of page