top of page

Wateronderbreking raak dele van Bfn

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 5 days ago
  • 1 min read

Bloemfonteiners word gewaarsku oor ’n tydelike wateronderbreking weens noodherstelwerk aan ’n pyplyn in Navalsig.


Volgens ’n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit kan die onderbreking vandag tot ongeveer 12 ure duur.


Die areas wat geraak kan word sluit in Unionweg, Fawkeslaan in Navalsig, asook dele van Waverley en omliggende gebiede.


Mense word aangeraai om vooraf genoeg water te stoor terwyl herstelwerk aan die pyplyn gedoen word.


Ter illustrasie. FOTO: Pexels
Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page