top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Watervoorsiening by Maselspoort is herstel

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 26
  • 1 min read

Watervoorsiening aan gebiede wat deur die kragonderbreking by die Maselspoort-watersuiweringsaanleg geraak is, is nou herstel.


Volgens 'n kennisgewing van die Mangaung Metro Munisipaliteit het die kragonderbreking vroeër die week die aanleg se werking ontwrig en waterlewering aan verskeie dele van die stad beïnvloed.


Hoewel toevoer weer ingestel is, bly die stelsel kwesbaar vir verdere kragonderbrekings.


Die metro sê die reservoirs is tans in ’n herstel- en hervulfase, wat kan beteken dat sommige hoërliggende gebiede steeds lae druk of onderbroke toevoer kan ervaar.


Inwoners word aangemoedig om water spaarsamig te gebruik terwyl die stelsel stabiliseer en reservoirs na volle kapasiteit terugkeer.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash


Comments


bottom of page