Weghol-veldbrande tref ook die Oos-Kaap
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 9
- 1 min read
Terwyl ongeveer 2 000 ha sedert Maandag in die Mosselbaai-omgewing in die Wes-Kaap ná verwoestende brande in puin gelê is, het die Oos-Kaap nou ook begin brand.
IOL berig die Kouga plaaslike munisipaliteit naby Qheberha is Donderdag erg deur weghol-veldbrande beskadig, en Vrydag net voor 06:00 het waterbomme weer uit die lug begin val om die vlamme te probeer blus.
Die geaffekteerde areas sluit in St Francis Bay, Paradise Beach, Smithtown en Twin Valley, waar eiendomme maklik vir miljoene kan verkoop. Die brande raak ook die kus-sone tussen die Van Stadens Rivier en die Tsitsikamma Rivier, en na die binneland in die rigting van die Baviaakskloofberge. Talle inwoners is ontruim om lewensverlies te voorkom.
Die N2 tussen Jeffreysbaai en Humansdorp is ook vir verkeer gesluit, en alle verkeer word na die R102 herlei.







Comments