Werk om die parlement te restoureer vorder goed
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 1
- 1 min read
Werk om die parlement te herbou en te restoureer vorder goed, en die projek behoort teen die einde van die jaar voltooi te wees.
So sê die parlementêre woordvoerder, Moloto Mothapo. Hy sê konstruksie aan die Nasionale Vergadering en Ou Vergadering-geboue is aan die gang, met sloping en terreinopruimingswerk wat nou voltooi is.
ʼn Groot brand het die geboue byna vier jaar gelede beskadig.
Mothapo sê ander pogings is sedertdien aangewend om die parlement se operasionele behoeftes tydens die herbou- en restourasieproses te ondersteun.







Comments