top of page

Werkers vind ‘n liggaam in stroom by Roodewal

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 2 hours ago
  • 1 min read

 

’n Geregtelike doodsondersoek is geopen nadat ’n man se liggaam in ’n stroom naby ’n lodge in Roodewal buite Bloemfontein gevind is.


Werknemers by die lodge het die ontdekking aangemeld waarna beamptes na die toneel op Maselspoortweg ontbied is.


Polisieduikers het die liggaam van ’n man, vermoedelik in sy middel-dertigs, uit die stroom gehaal.


Die man het sigbare wonde aan sy kop en bene gehad en paramedici het hom op die toneel dood verklaar.


Enigiemand met inligting word gevra om die Navalsig-polisiekantoor te kontak.


Ter illustrsie. FOTO: Pexels
Ter illustrsie. FOTO: Pexels

Comments


bottom of page