Wes-Kapenaar in Dewetsdorp-hof rakende seksuele uitbuiting van kinders

Jun 1, 2025
1 min read
‘n Vyftig-jarige man van Brackenfell in die Wes-Kaap moet Maandag in die landdroshof in Dewetsdorp in die Vrystaat verskyn op aanklagte van seksuele uitbuiting van minderjariges. Die verdagte het na bewering twee tienerseuns met vals beloftes oortuig om eksplisiete foto’s en video’s aan hom te stuur. Rosestad-nuus het vroeër berig ‘n kliniese sielkundige van ‘n skool in Dewetsdorp het dit by die polisie aangemeld. Die verdagte het reeds verlede week in die hof in Blue Downs verskyn. SABC-nuus berig die saak is intussen oorgeplaas na Dewetsdorp. Die polisie het ook beslag gelê op elektroniese toestelle, en sê alles dui op nog moontlike slagoffers.







Comments