Wetsontwerpe wag al jare om aangeneem te word

Die proses om wetgewing in Suid-Afrika aan te neem, het tot ’n slakkepas vertraag, met ’n aantal belangrike wetsontwerpe wat jare ná hul aanvanklike indiening steeds op goedkeuring deur die parlement wag.
Business Tech berig sowat 24 wetsontwerpe is sedert die hervatting van die Nasionale Vergadering in Februarie ingedien, en slegs drie, wat almal wat met staatsbesteding verband hou, is aanvaar.
Daarmee saam is nog agt wat in vorige jare ingedien is volgens die wetgewer se rekords aanvaar.
Volgens die parlement se regsadviseurs neem dit gemiddeld 34 maande om wetgewing aan te neem, teenoor ses maande in 2004.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die vertragings is ook te danke aan die nasionale verkiesing van 2024, waar die ANC sy meerderheid verloor het en 'n koalisie met nege ander partye gevorm het.
LUISTER HIER:








Comments