WhatsApp-opmerkings kan ernstige regsgevolge inhou
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 8
- 1 min read
Opmerkings wat op WhatsApp-groepe van sekuriteitslandgoedere gemaak word, kan ernstige regsgevolge inhou.
Business Tech berig dit volg op ’n onlangse uitspraak van die Hooggeregshof rakende ’n huiseienaarsvereniging in Ballito, in KwaZulu-Natal. Die saak het ontstaan uit ’n geskil waarby ’n huiseienaar toenemend gefrustreerd geraak het met die huiseienaarsvereniging en sy direkteure, en uitlatings op die WhatsApp-groep gemaak het.
Die vereniging se direkteure het ’n interdik teen die man aangevra, om te verhoed dat enige vals en lasterlike verklarings op platforms soos Facebook en WhatsApp gepubliseer word. Die hof het ten gunste van die direkteure beslis.
'n Prokureur, Marina Constas, sê die uitspraak dien as ’n belangrike herinnering dat WhatsApp-boodskappe nie beskerm word bloot omdat gebruikers dit as ’n private forum beskou nie.
Hoewel die uitspraak inwoners nie verhinder om geldige bekommernisse oor die bestuur van hul skemas te opper nie, het Constas beklemtoon dat daar ’n belangrike verskil is tussen vrae vra en beskuldigings maak.








Comments