top of page

Woolworths waarsku hul kliënte oor ‘n toename in bedrogvoorvalle

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 9
  • 1 min read

Woolworths Financial Services het hul kliënte gewaarsku oor die kommerwekkende toename in bedrogvoorvalle en hulle aangespoor om waaksaam te wees teen toenemend gesofistikeerde swendelary. BusinessTech berig die kleinhandelaar het gesê dat misdadigers nuwe taktieke gebruik om mense te mislei om sensitiewe inligting oor te dra, dikwels deur voor te gee dat hulle vertroude instellings is. Woolworths se waarskuwing volg na verskeie banke ook alarm gemaak het oor die groeiende krisis. Volgens die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum het die bedreiging dramaties toegeneem, met sindikate wat tegnologies meer gevorderd en moeiliker is om op te spoor.

 
 
 

Comments


bottom of page