top of page

Yolanda de Kock sal voortaan Oliewenhuis se permanente versamelings versorg

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Sep 17
  • 1 min read

Die Oliewenhuis Kunsmuseum, in Bloemfontein, het ‘n nuwe versamelingsbestuurder, Yolanda de Kock, aangestel. Volgens ‘n plasing op Oliewenhuis se sosiale media het De Kock sedert 2012 in verskillende hoedanighede by die museum gedien. As versamelingsbestuurder sal sy 'n belangrike rol speel in die versorging, dokumentasie en administrasie van Oliewenhuis se permanente versamelings en sal ook help met die administrasie en reëling van tydelike uitstallings. De Kock sien uit na hierdie opwindende nuwe hoofstuk en sal voortgaan om te verseker dat die museum se versamelings relevant en toeganklik bly vir alle besoekers.  

 
 
 

Comments


bottom of page