Zuma kap na Ramaphosa se leierskap
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 minutes ago
- 1 min read
Sonder om president Cyril Ramaphosa by die naam te noem het die leier van die MK-party, Jacob Zuma, hom daarvan beskuldig dat hy geld onder sy bed wegsteek terwyl Suid-Afrikaners swaarkry.
IOL berig die voormalige president het Sondag tydens ’n besoek aan ’n kerk in Mthatha in die Oos-Kaap ook kritiek uitgespreek oor die manier waarop die land regeer word.
Zuma se opmerkings kom te midde van Ramaphosa se voortgesette hantering van die nasleep van die Phala Phala-skandaal. Dit handel oor die inbraak by Ramaphosa se private wildsplaas in Limpopo in Februarie 2020.
Diewe het glo buitelandse valuta se versteekte kontant uit 'n rusbank gesteel.








Comments