top of page

Sportnuus


MOTORSPORT: Negejarige motorfietsryer van Bloemfontein ontvang sy Junior-Protea kleure
’n Negejarige motorfietsryer van Bloemfontein, Ethan Style, het onlangs sy Junior-Protea kleure verwerf ná sterk vertonings in nasionale kompetisies. Hy neem deel op ’n 50 cc KTM-motorfiets en het deur die seisoen volhoubare uitslae gelewer wat aan die vereistes vir nasionale erkenning voldoen. Die toekenning wys dat jong talent in Suid-Afrika se veldmotorfietsry floreer, en dat daar hopelik nog meer jongmanne soos Ethan is om in die toekoms naam te maak. Volgens Netwerk24 is

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


RUGBY: Die Sharks het Eben Etzebeth en ander gederegistreer
Die Sharks het verskeie sleutelspelers gederegistreer voor die komende Investec Champions Cup, insluitend die veteraan-slot Eben Etzebeth. Rosestad Sport het vroeër berig Etzebeth is vir 12 weke geskors nadat hy sy duim in Alex Mann se oog gedruk het tydens die Springbokke se laaste toets van die jaar teen Wallis in Cardiff. SuperSport berig stut Ox Nche, losvoorspeler Manu Tshituka, losskakel Siya Masuku is ook gederegistreer. Netwerk24 berig intussen is Springbok afrigter,

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


KRIEKET: spanning bly hoog in die 2025-Ashes-reeks
Die spanning bly hoog in die 2025-Ashes-reeks nadat beide Engeland en Australië vandag weer vir ’n boeiende hoofstuk in hul eeue oue wedywering gesorg het. Die wedstryd het vroeg momentum geswaai toe die boulers voordeel uit die oggendtoestande getrek het, maar die middag se spel het heeltemal oopgebars met ’n reeks aggressiewe lopies en taktiese aanpassings van beide kapteins. Ashes. FOTO: SuperSport

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


RUGBY: Etzebeth kry swaar skorsing
Eben Etzebeth het Donderdag uitgevind dat hy vir 12 weke geskors is nadat hy sy duim in Alex Mann se oog gedruk het tydens die Springbokke se laaste toets van die jaar teen Wallis in Cardiff. Sy aanvanklike skorsing van 18 weke is danksy sy skoon rekord tot 12 weke verminder. Die skorsing beteken dat die 34-jarige ’n hele paar Sharks-wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap en Kampioenebeker sal mis en eers weer in Maart 2026 kan speel. Eben Etzebeth. FOTO: BBC

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


KRIEKET: Die Proteas Vroue is opgewonde vir hul T20I-reeks
Kaptein Laura Wolvaardt sê die Proteas Vroue is opgewonde om hul T20I-reeks teen Ierland later Vrydag op Nuweland af te skop. Die reeks van drie wedstryde sal die spanne ook na Paarl en Benoni neem terwyl voorbereidings vir die IKR Vroue se T20 Wêreldbeker-toernooi toeneem. Wolvaardt is tevrede met die span se vordering nadat hulle drie agtereenvolgende Wêreldbeker-eindstryde gehaal het, maar het die belangrikheid beklemtoon om uiteindelik daardie laaste drumpel te oorkom ter

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


FORMULE 1: Norris se titelstryd steek spanstrategie aan die brand
Die laaste F1-wedren van die seisoen word Sondag in Abu Dhabi beslis, met drie renjaers wat steeds ’n kans het om die uiteindelike louere te wen. Lando Norris het ’n nuttige voorsprong van 12 en 16 punte op Max Verstappen en Oscar Piastri. Spekulasie doen die rondte dat Norris moontlik voorkeurbehandeling by McLaren kan kry, iets wat George Russell as onregverdig bestempel en sê hy sal nie ’n titel wil wen omdat ’n spanmaat moes padgee nie. Norris, wat al by vorige wedrenne u

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025


GIMNASTIEK: SA vier ’n silver plek internasionaal
Suid-Afrika vier ’n silver plek in internasionale gimnastiek met Jana van Staden wat ’n silwermedalje ingepalm het by die Vera Čáslavská Grand Prix in Brno, Czech Republic. Na ure van intense mededinging, het Van Staden ’n netjiese vloerroetine afgelê en gekwalifiseer vir die vloer-eindrondte. Volgens Good Things Guy het Van Staden die silwer medalje op die laaste dag van die kompetisie in die vloer-afdeling ontvang, wat ʼn trotse oomblik vir die nasionale span is. Jana van St

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


RUGBY: SA spanne maak gereed vir Europese openingswedstryde
Suid-Afrika se Kampioenebeker-hoopvolles staan voor strawwe wegtoetse wanneer die DHL Stormers na Bayonne reis, die Vodacom Bulls, die verdedigende kampioene, Bordeaux Bègles, in Pretoria ontvang en die Hollywoodbets Sharks na Toulouse reis. Die Stormers dra sterk Vodacom VRK-momentum na Vrydag se ontmoeting in Frankryk, terwyl Bordeaux Bègles by Loftus aankom om die Bulls te trotseer. Die Leeus en Toyota Cheetahs begin hul EPCR-Challenge Cup-veldtogte teen Benetton en Exet

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


RUGBY: Hennie van Zyl is oorlede
Hennie van Zyl, voormalige vleuel van die Springbokke, is op 1 Desember 2025 oorlede in die ouderdom van 89. Gebore op 31 Januarie 1936, het Van Zyl sy internasionale debuut op 5 Junie 1960 op 24 jarige ouderdom gemaak. Hy het in totaal 10 toetse vir Suid-Afrika gespeel tussen 1960 en 1961. Sy spoed, krag en toewyding het hom ʼn gerespekteerde figuur in Suid-Afrikaanse rugby gemaak en tot sy dood was hy een van die oudste oorlewende Springbokke. Hennie van Zyl. FOTO: SA Rugby

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


KRIEKET: Proteas maak reeks gelyk teen Indië
Aiden Markram se uitstekende honderdtal het Suid-Afrika se najaag van 359 in Indië geanker en die Proteas na ‘n oorwinning met vier paaltjies gelei met vier balle oor. Markram en die kaptein, Temba Bavuma, het ‘n belangrike 101-lopie-telling bymekaargemaak en later het Corbin Bosch waardevolle lopies bygevoeg om die eendagreeks gelyk te maak. Die spanne reis nou Saterdag na Visakhapatnam vir ‘n beslissende derde eendagwedstryd voordat hulle hul aandag vestig op ‘n T20-reeks v

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


PERDESPORT: SA se springruiters kry goud
Suid-Afrika se springruiters het goed gevaar by die 2025 SASJ FEI Steyn City Nations Cup toe die nasionale span goud op tuisbodem verower het. Die kompetisie, wat by Steyn City Estate in Johannesburg gehou is, het spanne van Suid-Afrika, Ierland, Nederland en Zimbabwe gelok, met verskeie internasionale ruiters wat meegeding het op perde wat deur Suid-Afrikaanse en Zimbabwiese stalle verskaf is. Ruiters en die span se sjef d’équipe het die uitdagende baan, energieke skare-onde

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


RUGBY: Wilson verwelkom 'n openingswedstryd teen All Blacks
Australië se kaptein, Harry Wilson, sê hy hoop die Wallabies open hul 2027 Rugbywêreldbeker-veldtog teen Nieu-Seeland. Wilson het die uitdaging verwelkom om moontlik beide die All Blacks in die poelfase en die Springbokke in ‘n kwarteindstryd teë te kom. All Blacks-legende, Dan Carter, het gewaarsku dat Wêreldbeker-toernooie onvoorspelbaar is en dat topspanne gereed moet wees om elke span te klop wat in hul pad staan. Ter Illustrasie. FOTO: Unsplash

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 4, 2025


RUGBY: Etzebeth dalk vir ses maande buite aksie
Eben Etzebeth sal moontlik eers Sondag weet wat die uiteinde van sy rooi kaart gaan wees nadat die tugkomitee, wat Dinsdag se verhoor tot net voor middernag gevoer het, nie ‘n gepaste straf kon finaliseer nie. Volgens Wêreldrugby kan die straf vir ‘n opsetlike oogkontak-oortreding wissel van 12 tot minstens 24 weke, al kan Etzebeth se skoon rekord in meer as 140 toetse moontlik in sy guns tel ondanks ‘n vorige twee-weke skorsing in 2012. Daar is wel deur ‘n rugbykenner aanged

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


FORMULE 1: Verstappen kry 'n nuwe spanmaat
Red Bull Racing het aangekondig dat Isack Hadjar, Max Verstappen se nuwe spanmaat vir die 2026-seisoen sal wees. Die 21-jarige het ’n belowende debuutjaar by die Racing Bulls gehad, met tien top-10-plasings en sy eerste Formule 1-podium - ’n derde plek by die Nederlandse Grand Prix. Hy vervang Yuki Tsunoda wat as toets- en reserwe-bestuurder sal voortgaan. Spanbaas Laurent Mekies sê Hadjar het sy spoed en volwassenheid getoon en glo dié jong talent saam met Verstappen 'n groo

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


KRIEKET: Proteas besluit om eerste te boul
Die Proteas het die loot gewen en besluit om eerste te boul in die tweede eendagwedstryd teen Indië in Raipur. Met terugkeer van kaptein Temba Bavuma en snelbouler Lungi Ngidi in die begin-elf, hoop Suid-Afrika op ’n sterk vertoning en ʼn reeks-gelykmaker ná hul verlies in die openingswedstryd. Die span het veranderinge in die aanloop tot die wedstryd gemaak: onder andere is Quinton de Kock opgegradeer om saam met Aiden Markram die openingskolf te hanteer. Temba Bavuma. FOTO:

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


KRIEKET: Van Niekerk geniet haar Proteas-terugkeer
Dané van Niekerk sê dat haar terugkeer na die Proteas-vrouekamp voor die witbalreeks teen Ierland haar weer soos ‘n kind laat voel het, wat haar eerste oproep was sedert sy haar uittrede in Augustus omgekeer het. Die voormalige kaptein, wat laas in 2021 in nasionale kleure gesien is, het erken dat sy nooit verwag het om weer die groen en goud te dra na ‘n moeilike tydperk weg van die span nie. Sy het gepraat oor haar opgewondenheid om terug te wees en beklemtoon hoeveel dit b

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


TENNIS: Serena stop praatjies oor ‘n tennis-terugkeer
Serena Williams het gerugte oor ‘n terugkeer na tennis stop gesit nadat haar naam weer op die Internasionale Tennis Integriteitsagentskap se toetsregister verskyn het. Terwyl spelers die toetsregister moet betree en ses maande se kontroles voltooi voordat hulle weer meeding, het Williams gesê die waansin rondom haar registrasie is ongegrond. Haar suster Venus, wat vroeër vanjaar haar eie loopbaan op 45 hervat het, het gepraat oor die verlange dat Serena weer by haar op toer s

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


ATLETIEK: Duplantis, McLaughlin-Levrone- atlete van die jaar
In ’n glansryke seremonie in Monaco is Armand Duplantis en Sydney McLaughlin-Levrone onderskeidelik aangewys as die beste Mans- en Vroueatleet van die jaar. Duplantis, 26, behou sy titel in paalspring - hy is onoorwonne in 16 kompetisies dié jaar, het vier wêreldrekords opgestel, en behaal sy wêreldkampioenskap in Tokio met ’n sprong van 6.30m. Hy is ook aangewys as Veldatleet van die Jaar. McLaughlin-Levrone beïndruk met haar 400m in ’n tyd van 47.78 sekondes by die Wêreldka

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 3, 2025


FIETSRY: 'n Pretorianer word die jongste ooit om die Munga te wen
’n Jong Pretorianer het geskiedenis gemaak as die jongste ooit om die Munga-fietswedren te wen - ’n ongelooflike prestasie in die taai ultra-fietsresies. Die 26-jarige, Daniël Poalses, het die wedren wat strek van die Vrystaat tot Kaapstad in slegs 56 uur en 17 minute voltooi. Die deelnemers het vanjaar glo in hitte, wind en selfs reën deur die Karoo gery. Die gewese Springbok-stut Jannie du Plessis, was een van die bekende deelnemers wat vanjaar weer die Munga aangedurf het.

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 2, 2025


FIETSRY: Fietsrylegende, Gert Fouché, is ernstig beseer na ongeluk
Die fietsrylegende, Gert Fouché, is ernstig beseer weens ʼn ongeluk tydens die Munga-fietswedren. Volgens Netwerk24 het Fouché net ure voor hy die wedren sou voltooi het, in die Bainskloofpas hard geval. Hy is met ernstige beserings hospitaal toe geneem en sy toestand is volgens ooggetuies kritiek. Die Munga se organiseerders het na sy ongeluk 'n spesiale plek aan Fouché toegeken, wat as 'n legende in die fietsrywêreld beskou word. Hy het die wedren oor 1 148 km nou amptelik i

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 2, 2025


RUGBY: Stormers versterk groep vir Kampioenebeker-openingswedstryd
Drie Stormers Springbokke van die onlangse Europese toer het by die groep in Biarritz aangesluit, terwyl hulle voorberei vir Vrydag se Investec Kampioenebeker-openingswedstryd teen Bayonne. Intussen het Damian Willemse, Sacha Feinberg-Mngomezulu en Cobus Reinach na Kaapstad teruggekeer om te rus na swaar werkladings. Verdedigingsafrigter, Norman Laker, sê besluite oor watter Bokke aanbly, was gebaseer op individuele werkladings, en voeg by dat al drie inkomende voorspelers in

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 2, 2025


NETBAL: Ellis Park gekies vir Toetsreeks teen Engeland
Netbal Suid-Afrika se president, Mame Diale, sê volgende maand se Toetsreeks teen Engeland sal hoofsaaklik om logistieke en finansiële redes, by die Ellis Park Binnenshuise Arena gehou word. Sy het bevestig dat die Durban ICC hul voorkeurplek was as gevolg van sy groter kapasiteit, maar begrotingsbeperkings het beteken dat die reeks in Gauteng moes bly. Diale het bygevoeg dat die verkryging van Engeland as teenstanders op versoek van die nasionale afrigters gekom het, wat wil

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 2, 2025


KRIEKET: Meso gereed vir tuisondersteuning met Ierland ontmoeting
Proteas-paaltjiewagter, Karabo Meso, sê die span is opgewonde om voor tuisondersteuners te speel wanneer hulle Ierland in ‘n drie-wedstryd T20 Internasionale reeks pak, wat Vrydag in Kaapstad begin. Vars nadat hulle silwer by die 2025 Wêreldbeker verower het, sê Meso die span bly geesdriftig en vasbeslote om hul momentum na die nuwe reeks te bring. Sy verwag ‘n moeilike uitdaging van Ierland, maar glo Suid-Afrika se hoër ranglys en tuistoestande bied ‘n nuttige voordeel. Kara

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 2, 2025


GHOLF: Hovland maak gereed vir Nedbank-toernooi
Viktor Hovland sal hierdie week al die aandag by die Nedbank-uitdaagtoernooi trek. Die wêreld-nommer 13 is die hoogste speler op die ranglys wat op die baan sal wees, saam met Engeland se Marco Penge, wat 29ste is. Hulle is die enigste twee spelers binne die globale top-50 wat in Sun City meeding. Die toernooi spog verder met opkomende talent Aldrich Potgieter, wat mik om die gewilde kristaltrofee te lig. Dit beloof om ’n opwindende week op die Gary Player-gholfbaan te wees,

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 2, 2025
bottom of page

