top of page




Moeilike tye lê voor vir vleis- en suiwelvoorrade
Vrese bly groei namate pryse vir vleis en suiwelprodukte na verwagting sal styg as gevolg van die bek-en-klouseerkrisis wat reeds voedselpryse opstoot. Vleispryse het in Desember verlede jaar met 12% gestyg, die grootste toename in agt jaar, aangesien die siekte vleis- en melkproduksie verminder. Terwyl suiwelpryse nog nie beinvloed is nie, groei vrese. Intussen berig eNCA dat slagters en lae-inkomste verbruikers reeds die druk voel namate bekostigbare opsies moeiliker word o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 10


Bek-en-klouseer beïnvloed landbouskoue regoor die Vrystaat
Geen diere met gesplete hoewe sal vanjaar by die Nampo-oesdag in Bothaville toegelaat word nie. Dit weens die voortgesette bek-en-klouseerkrisis. Volgens Landbouweekblad het die bestuur van Nampo, Graan SA en telersgenootskappe dié besluit ná ’n deeglike risiko-ontleding geneem. Die oesdag vind van 12 tot 15 Mei plaas, maar sal stiller wees sonder beeste, skape en bokke. Slegs perde, honde en pluimvee sal toegelaat word - onder streng biosekerheidsmaatreëls. Die impak word o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 8


Die stryd teen bek-en-klouseer kry ‘n hupstoot
Suid-Afrika se stryd teen bek-en-klouseer (BKS) het ’n belangrike hupstoot gekry. Dit aangesien plaaslike entstofproduksie vir die eerste keer in meer as 20 jaar hervat is. Volgens SA News sê die Departement van Landbou die eerste besending plaaslik vervaardigde entstowwe sal binnekort aan boere beskikbaar wees. Die minister van landbou, John Steenhuisen, het Vrydag die Onderstepoort-navorsingsfasiliteit besoek waar die entstowwe gefinaliseer is. Volgens Steenhuisen het die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 7


BKS: Die staat behou beheer oor entstowwe
Die staat sal beheer behou oor die verkryging, verspreiding en toesig van bek-en-klouseer-entstowwe, ten spyte van kritiek van dele van die landbousektor. Dit is volgens die minister van landbou, John Steenhuisen. Sommige boere voer aan dat die beleid duur en ondoeltreffend is, en dit het daartoe bygedra dat Steenhuisen die vertroue van dele van die DA se landbou-lobby verloor het. Steenhuisen het tydens ‘n inligtingsessie aan die Parlement se landbouportefeuljekomitee gesê b

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 5
bottom of page

