top of page




BKS: Meer as twee miljoen diere is reeds ingeënt
Suid-Afrika se bek-en-klouseer-inentingsveldtog toon vroeë sukses, met meer as twee miljoen diere wat sedert Februarie ingeënt is. Die minister van landbou, John Steenhuisen, het aangekondig dat vroeë data aandui dat die huidige massa-bek-en-klouseer inentings-strategie positiewe resultate lewer. 'n Totaal van 1 317 gevalle is landwyd aangemeld teen 10 April, met die Vrystaat en Noordwes wat die hardste getref is. Die departement het suksesvol ‘n bestendige voorraad entstowwe

Saamgestel deur Ilde Roos
4 days ago


BKS: ActionSA verwelkom ’n roetine-inentingskema
ActionSA verwelkom die publikasie van ’n roetine-inentingskema vir bek-en-klouseer deur die minister van landbou, John Steenhuisen. Die party sê die skema, wat ingevolge die Wet op Dieresiektes uitgereik is, is ’n lankal reeds agterstallige stap wat private veeartse en vee-eienaars in staat stel om ’n meer aktiewe rol in die inenting van kuddes te speel. ActionSA sê die stap verskuif weg van ’n oorgesentraliseerde benadering wat voorheen die land se reaksie op die uitbreking

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 10


BKS: Entstof in die VS raak min
Die Vrystaat gaan waarskynlik binnekort sonder entstof teen bek-en-klouseer (BKS) sit. Daar is nog net entstof vir sowat twee weke se inentings oor en geen aanduiding van wanneer dit weer beskikbaar sal wees nie. Netwerk24 berig die visepresident van Vrystaat Landbou (VL), Friedl von Maltitz, het bevestig dat die entstof in die provinsie nog net vir sowat twee weke sal hou. Hy het ook daarop gewys dat daar teen dié tyd meer vee ingeënt moes wees volgens die departement van la

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 3


BKS: Sosio-ekonomiese verligting word vir kwesbare boere oorweeg
Die minister van landbou, John Steenhuisen, sê dat sosio-ekonomiese verligting vir kwesbare boere wat onder bek-en-klouseer gebuk gaan, oorweeg word. Hy sê egter daar is nie tans 'n algemene vergoedingsfonds nie. Netwerk24 berig dat LP's intussen groter duidelikheid eis oor die regering se reaksie op die BKS-uitbreking, terwyl kommer toeneem oor die wagtyd vir laboratoriumtoetse, die beskikbaarheid van entstof en die impak van kwarantyn op veeboere. Hulle was veral krities oo

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 2


BKS kos Vrystaat-boere miljoene
’n Vrystaatse boer sê hy het reeds meer as R40 miljoen weens die bek-en-klouseer-uitbraak verloor. IOL berig die is onthulling gemaak tydens ’n oorsigbesoek deur die Parlement se portefeuljekomitee oor landbou in die Fezile Dabi-distrik. Boere het die provinsiale Departement van Landbou gekritiseer en beweer entstowwe is nie betyds toegedien nie. Volgens die boer kos dit tussen R4 000 en R6 000 om ’n enkele bees te ent, met totale koste wat reeds meer as R6 miljoen beloop. D

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 24


BKS: Rondloperbeeste wek kommer in die VS
Die DA in die Vrystaat het kommer uitgespreek oor rondlopende beeste in Ladybrand te midde van ‘n bek-en-klouseer-uitbreking. Die party sê bevestigde gevalle in Ladybrand en Clocolan bedreig boere en die plaaslike ekonomie. Die DA se Erica Moir sê die party het die Mantsopa Plaaslike Munisipaliteit gevra om dringend op te tree om biosekuriteitsrisiko’s, padveiligheidsgevare en swak afdwinging van veeverordeninge aan te spreek. LUISTER HIER: Ter illustrasie. FOTO: Pexels

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 20


Steenhuisen ontken beskuldigings van pligsversuim
Die minister van landbou, John Steenhuisen, ontken beskuldigings van pligsversuim in die stryd teen bek-en-klouseer. ActionSA beweer Steenhuisen het versuim om virusmonsters aan die Pirbright Institute voor te lê sedert hy minister geword het. Die party het in die parlement gevra watter impak dié vertraging op die beperking van die uitbreking van die virus kon hê. Steenhuisen sê egter die deel of nie-deel van monsters vertraag nie die verkryging van entstowwe teen die siekte

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 16


Vrystaat-boere moet vir BKS-inentings registreer
Die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling moedig boere aan om vir die provinsie se bek-en-klouseer (BKS)-inentingsprogram te registreer. Volgens ‘n mediaverklaring van die departement help aansoeke vir inenting met die beplanning van die uitrol van entstowwe en om toekomstige entstofbehoeftes te bepaal. Die departement sê hy het reeds ’n groot aantal aansoeke ontvang, maar waarsku dat nie alle aansoeke noodwendig in die eerste rondte van inentings sukse

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 8


BKS: Boere hoef nie vir entstof te betaal nie
Boere sal nie vir entstowwe teen bek-en-klouseer hoef te betaal nie, aangesien die regering die volle koste van die nasionale inentingsveldtog gaan dra. Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, sê in ‘n mediaverklaring entstowwe is reeds na provinsies versprei en honderde duisende diere word weekliks ingeënt. Hy het ook ’n beroep op boere en ander rolspelers gedoen om versigtig te wees vir fopnuus oor die koste en verspreiding van entstowwe wat die rondte doen. Ter illustr

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 5


BKS: 'n Interdik-aansoek is teen Steenhuisen ingedien
Die landbou-organisasie Saai het saam met Vrystaat Landbou en die Sakeliga ’n dringende aansoek in die Pretoria-hooggeregshof gebring vir ’n tussentydse interdik oor maatreëls rakende bek-en-klouseer-entstof. Die aansoek is gerig teen die minister van landbou, John Steenhuisen, asook die departement en die direkteur van dieregesondheid. Saai voer aan dat huidige regulasies private entstofinvoer en selfinenting onredelik beperk. Die hof word gevra om tydelike beskerming toe te

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 3


Steenhuisen is in Bfn
Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, is in Bloemfontein waar hy toesig hou oor die voortgesette massainentingsveldtog teen bek-en-klouseer in die Vrystaat. Luidens ‘n plasing op die Vrystaatse landboudepartement se sosiale media blad het hy, saam met die Vrystaatse Landbou-LUR Elzabe Rockman en provinsiale amptenare, die inentingsprogram by die Glen-landboukollege besoek - waar staatsveeartse ’n demonstrasie van die inentingsproses gehou het. Die departement sê die ine

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 2


Tradisionele leiers word ingeroep om te help met bek-en-klouseer-inentings
President Cyril Ramaphosa het tradisionele leiers versoek om die regering te help met ’n landwye inentingsveldtog teen bek-en-klouseer. Hy het tydens die opening van die Nasionale Huis van Tradisionele en Khoi-San Leiers in die parlement gesê klein- en landelike boere sal voorkeur geniet. Die regering beplan om al 14 miljoen beeste in die land in te ent, met ’n aanvanklike fokus op gemeenskapsgebiede. Ramaphosa het die omvang van die veldtog met die COVID-19-inentingsprogram

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 27


Veediefstal dryf kommer oor BKS langs die grens
Veediefstal en onbeheerste oorgrensbewegings verhoog die risiko vir verdere verspreiding van bek-en-klouseer (BKS) langs die Vrystaat-Lesotho-grens. Volgens Bloemnuus het Vrystaat Landbou ernstige kommer uitgespreek oor ’n nuwe uitbraak van die siekte in Lesotho, sowat 15 kilometer van Clarens. Die organisasie waarsku dat veediefstalsindikate en rondloperdiere wat uit Lesotho oor die grens beweeg, die gevaar vir grensboere aansienlik verhoog. Vrystaat Landbou sê die gebrek aa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 27


BKS versprei verder
Die Departement van Landbou sê bek-en-klouseer versprei steeds, met oorspoelgevalle wat nou al hoe duideliker in die Vrystaat voorkom. Hoewel KwaZulu-Natal die episentrum van die uitbraak bly, is gevalle ook in ander provinsies aangemeld. Amptenare sê die onwettige beweging van besmette diere, vals gesondheidsverklarings en veilings dra tot die verdere verspreiding van die siekte by. Intussen het eenmiljoen entstofdosisse uit Argentinië in die land aangekom, met die Vrystaat

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 25


Vrystaat-boere versuim glo om BKS-gevalle aan te meld
Dit wil voorkom asof sommige Vrystaat-boere versuim om vermoedelike gevalle van bek-en-klouseer aan te meld, wat volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling die beheer van die siekte bemoeilik. Die departement het intussen 25 nuwe bevestigde gevalle van bek-en-klouseer in die Vrystaat aangemeld, wat die totaal op 370 te staan bring. Volgens ‘n mediaverklaring bly beperkings op die beweging van diere in plek, terwyl ingeënte dosisse reeds in verskeie staatsve

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 23


Naval Hill neem BKS ernstig op
Te midde van die huidige uitbraak van bek-en-klouseer (of te wel BKS) - is streng biosekuriteitsmaatreëls by die Franklin Wildreservaat op Naval Hill in Bloemfontein ingestel. Die hoogs aansteeklike virussiekte raak gesplete hoefdiere diere, insluitend wildspesies wat op Naval Hill voorkom, en die stappe is nodig om hul gesondheid te beskerm en moontlike blootstelling te beperk. Daar word verder in ‘n kennisgewing genoem dat alle voertuie wat die reservaat binnegaan met goedg

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 20


BKS: SA gaan 'n miljoen entstowwe ontvang
Die minister van landbou, John Steenhuisen, het aangekondig dat Suid-Afrika ‘n aflewering van eenmiljoen bek-en-klouseer-entstowwe van Biogenesis Bago sal ontvang. Steenhuisen het die aankondiging tydens die Staatsrede-debat gemaak. Die eerste besending word Saterdag verwag. Hy sê dit sal die grootste enkele invoer van entstowwe nog wees en sal broodnodige verligting bring aan die provinsies en streke wat die hardste deur die uitbreking getref is. Steenhuisen sê hy verwag dat

Saamgestel deur Ilde Roos
Feb 18


‘n BKS-beleid laat die suiwelbedryf kopkrap
Onsekerheid oor die hantering van melk van gesonde, ingeënte koeie teen bek-en-klouseer (BKS) kan ’n direkte impak op kaasvervaardiging hê. Volgens Landbouweekblad bepaal die huidige beleid dat ingeënte kuddes in kwarantyn geplaas word. Melk SA se Mark Chimes sê melk uit sulke kuddes moet dubbel gepasteuriseer of as langlewe- of poeiermelk verwerk word. Kaas kan egter nie van dubbel gepasteuriseerde melk gemaak word nie, wat produsente in ’n moeilike posisie plaas. Hy meen d

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 17


BKS is in Bfn
’n Uitbraak van bek-en-klouseer is nou ook in Bloemfontein bevestig. Volgens ’n mediaverklaring van die Vrystaatse Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling is een geval in die stad aangemeld. Dit bring die totale aantal bevestigde gevalle in die Vrystaat op 344 te staan, met verskeie uitbrake wat reeds in verskillende munisipaliteite geïdentifiseer is. Die departement waarsku dat versuim om verdagte gevalle aan te meld, die verspreiding van die siekte kan vererger en

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 16


Bek-en-Klouseer is in die Drakenstein-munisipale gebied bevestig
Die Drakenstein Munisipaliteit in die Wes-Kaap is onder onmiddellike veeartsenykundige kwarantyn geplaas nadat bek-en-klouseer (BKS) in die gebied bevestig is. Netwerk24 berig die kwarantynbevel is uitgereik na 'n bevestigde BKS-geval in Mbekweni. Die Wes-Kaapse Departement van Landbou en munisipale amptenare hou toesig oor die situasie, met veeartsenykundige spanne wat inperkingsprotokolle implementeer. Bek-en-klouseer is besig om ʼn ernstige impak op die veebedryf in die lan

Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 15


SONA: BKS is tot ‘n nasionale ramptoestand verklaar
President Cyril Ramaphosa Donderdag tydens sy Staatsrede bek-en-klouseer tot ‘n nasionale ramptoestand verklaar. Hy sê inentings sal geprioritiseer word en aan alle beeste regoor die land toegedien word. LUISTER: Ter illustrasie. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 13


BKS dreig nou naby Bfn
ʼn Moontlike geval van bek-en-klouseer naby Bloemfontein word tans ondersoek. Dit te midde van ʼn toename in gevalle in die Vrystaat. Volgens SABC News het die Vrystaatse Departement van Landbou 35 nuwe gevalle bevestig, wat die totaal in die provinsie op 291 te staan bring. Uitbrake is reeds in verskeie gebiede aangemeld, met besmette plase onder kwarantyn en streng bewegingsbeheer binne ʼn radius van 10 kilometer. Die departement doen ʼn beroep op boere om enige vermoedelike g

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 12


Moeilike tye lê voor vir vleis- en suiwelvoorrade
Vrese bly groei namate pryse vir vleis en suiwelprodukte na verwagting sal styg as gevolg van die bek-en-klouseerkrisis wat reeds voedselpryse opstoot. Vleispryse het in Desember verlede jaar met 12% gestyg, die grootste toename in agt jaar, aangesien die siekte vleis- en melkproduksie verminder. Terwyl suiwelpryse nog nie beinvloed is nie, groei vrese. Intussen berig eNCA dat slagters en lae-inkomste verbruikers reeds die druk voel namate bekostigbare opsies moeiliker word o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 10


Bek-en-klouseer beïnvloed landbouskoue regoor die Vrystaat
Geen diere met gesplete hoewe sal vanjaar by die Nampo-oesdag in Bothaville toegelaat word nie. Dit weens die voortgesette bek-en-klouseerkrisis. Volgens Landbouweekblad het die bestuur van Nampo, Graan SA en telersgenootskappe dié besluit ná ’n deeglike risiko-ontleding geneem. Die oesdag vind van 12 tot 15 Mei plaas, maar sal stiller wees sonder beeste, skape en bokke. Slegs perde, honde en pluimvee sal toegelaat word - onder streng biosekerheidsmaatreëls. Die impak word o

Saamgestel deur Nadia Pieters
Feb 8
bottom of page

