top of page



AfriForum se hofstryd oor ‘n Vrystaat-ontwikkeling word hervat
AfriForum se hofstryd teen die Wonderfontein-ontwikkeling naby Sasolburg word op 23 Februarie in die hooggeregshof in Bloemfontein voortgesit. Die organisasie sê in ‘n mediaverklaring hulle wil hê dat die minister van Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se besluit om die ontwikkeling toe te laat, tersyde gestel moet word. AfriForum voer aan dat die besluit onregmatig is en dat die ontwikkeling sonder die nodige wetlike prosesse en goedkeurings voortgaan. Die organisasie

Saamgestel deur Nadia Pieters
4 hours ago


Pelonomi se kraamsaalprojek is vertraag
Die uitbreiding van die kraamsaal by Pelonomi Tersiêre Hospitaal in Bloemfontein is vertraag. Die projek sal nou eers in November voltooi wees, en nie in Julie soos beplan nie. Volgens die Vrystaatse Departement van Gesondheid se sosiale media is die vertragings te wyte aan probleme met subkontrakteurs, asook uitdagings met meganiese ingenieurswerk, insluitend die installering van gaspype en ander plafonwerk. Die departement het intussen kontrakteurs opdrag gegee om die agter

Saamgestel deur Nadia Pieters
5 hours ago


‘n Bloemfonteinertjie is oorlede ná ‘n swembadvoorval
Die tweejarige Noah Hewetson van Bloemfontein is oorlede, ná ’n swembadvoorval wat op Oukersdag plaasgevind het. Hy is vir byna 40 dae in die Bloemfontein Mediclinic behandel. Volgens Netwerk24 het Noah in die swembad by sy huis geval. Sy ma, Chantelle Caldeira, het hom kort daarna gevind en noodhulp is onmiddellik toegepas. Hy is daarna hospitaal toe geneem, waar hy sedertdien in ’n kritieke toestand was. Noah Hewetson. FOTO: Facebook

Saamgestel deur Nadia Pieters
6 hours ago


‘n Plaaslike petroljoggie maak naam met kletsrym
’n Petroljoggie van Bloemfontein het onlangs nasionale erkenning ontvang vir sy kletsrymtalent. Luidens ‘n berig van Bloemnuus het die 23-jarige Kabello Olifant, wat by Shell Unitas Motors in Universitas werk, ‘n tweede plek behaal in die Motor Industry Staff Association se MISA’s Got Talent -kompetisie. Volgens MISA se uitvoerende hoof, Martlé Keyter, is lede regoor die motorbedryf genooi om hul talente te deel. Olifant, wat onder die verhoognaam NBA Junior Kantrâll optre

Saamgestel deur Nadia Pieters
7 hours ago
bottom of page

