top of page



Twee hospitale brand
Danksy die Mangaung Brandweer en Redding se flinke reaksie is ‘n brand by die Vrystaatse Psigiatriese Kompleks, voorheen bekend as die Oranje Hospitaal, tot slegs een kamer beperk. Luidens ‘n plasing op sosiale media is geen beserings aangemeld nie, en die situasie is vinnig onder beheer gebring om verdere skade te voorkom. Intussen berig Maroela Media nog ‘n brand, wat Dinsdag by ‘n daghospitaal-afdeling van die provinsiale hospitaal in die Paarl uitgebreek het, is in bedwa

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 28


'n Vrou is vas nadat sy glo 'n Bloemfonteinse studentehuis afbrand
’n Vrou is in Bloemfontein in hegtenis geneem nadat sy na bewering ’n studentehuis aan die brand gesteek het ná ’n rusie met haar man. Netwerk24 berig lede van die Parkweg-polisie ondersoek ’n saak van brandstigting nadat ’n studenteverblyfplek in Brandwag afgebrand het. Die brandweer het gespook om die vlamme onder beheer te kry en die brand te blus. Die vrou is kort hierna in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof in Bloemfontein verskyn. Ter illustrasie. FOTO:

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 4


Boorgatwater word gebruik om 'n Vrystaatse brand te blus
Die kantoorgebou van die departement van paaie en vervoer in Winburg in die Vrystaat het gebrand. Na beraming is ongeveer R400 000 se skade opgedoen. Die oorsaak van die brand is nog onbekend, alhoewel polisiewoordvoerder, sersant Palesa Thabana, sê die saak word ondersoek. Netwerk24 berig spekulasie is dat die gebou se kabels gesteel word, en dan word die plastiek van dié kabels afgebrand sodat net die koper oorbly. Die dorp het ten tyde van die brand geen water gehad nie, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 17, 2025


'n Bekende joernalis se huis brand gedeeltelik af
Die veteraanjoernalis en nuusleser Freek Robinson en sy vrou, Liza de Villiers, is uit hul slaap geruk toe ʼn brand ’n gedeelte van hul huis in Greenside in Johannesburg in puin gelê het. Maroela Media berig die egpaar se seun, Daniel, het hulle wakker gemaak nadat hy twee harde geluide gehoor en vlamme in die huis opgemerk het. Die gesin is fisiek ongedeerd, maar groot dele van die huis is heeltemal verwoes, insluitend die voorkant van die woning waar die kombuis, sitkamer, e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 6, 2025
bottom of page

