top of page



TENNIS: Australiese Ope lewer nuwe vrouekampioen en rekord vir Alcaraz
Elena Rybakina is die nuwe vrouekampioen van die Australiese Ope nadat sy Aryna Sabalenka met 6–4, 4–6 en 6–4 in die eindstryd geklop het. Dit is die Kazakstanse speler se tweede Grand Slam-titel ná Wimbledon in 2022, terwyl Sabalenka haar eerste Melbourne-eindstrydnederlaag sedert 2023 moes verwerk. By die mans het Carlos Alcaraz vir Novak Djokovic met 2–6, 6–2, 6–3 en 7–5 verslaan en sodoende die jongste speler ooit geword om al vier groot titels te wen. Elena Rybakina. FOT

Saamgestel deur Armando Pieters
2 days ago


TENNIS: Alcaraz hou koers na skoonstel-oorwinning
Wêreldnommer een, Carlos Alcaraz, het die tuisgunsteling, Alex de Minaur, in skoon stelle uitgevee om die Australiese Ope-halfeindronde te haal. In die vroue-loting het Elina Svitolina die derde gekeurde Coco Gauff in ‘n eensydige kwarteindstryd verstom. Aandag verskuif nou na kwarteindstrydbotsings van Novak Djokovic en Jannik Sinner met ’n koeler dag wat in Melbourne voorspel word. Carlos Alcaraz. FOTO: Sky Sports

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 28


TENNIS: Jeugoplewing en sterre verlig Aussie Ope
Carlos Alcaraz het die Australiese Ope-kwarteindronde met ‘n oorwinning in reguit stelle oor Tommy Paul bereik en sal teen Alex de Minaur te staan kom, terwyl Novak Djokovic deurgedring het sonder om te speel, nadat Jakub Mensik weens ‘n besering onttrek het. Alexander Zverev en die 20-jarige Learner Tien het ook die laaste agt gehaal, met die Amerikaner wat Daniil Medvedev geklop het om sy eerste Grand Slam-kwarteindronde te haal. In die vroue-loting het die wêreldnommer

Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 26


TENNIS: Alcaraz het die Barcelona Ope by sy 2026-skedule gevoeg
Wêreldnommer een Carlos Alcaraz het die Barcelona Ope by sy 2026-skedule gevoeg. Die Spanjaard spog met ‘n sterk 14–2 rekord in Barcelona, nadat hy die titel in 2022 en 2023 gewen het sedert hy as 17-jarige in 2021 gedebuteer het. Terwyl Alcaraz se volledige 2026-kalender nog nie gefinaliseer is nie weens registrasiereëls, word daar van hom verwag om by al vier Grand Slams te speel en is hy ook amptelik bevestig vir die Rotterdam Ope en Queen’s Club Kampioenskap. Carlos Alc

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 17, 2025


TENNIS: Alcaraz ontvang Stefan Edberg Sportmanskap-toekenning
Wêreldnommer een, Carlos Alcaraz, het die 2025 Stefan Edberg Sportmanskap-toekenning vir die tweede keer gewen. Die toekenning, waarvoor vanjaar uitsluitlik deur voormalige wêreldnommer eens gestem is, erken sy professionaliteit en integriteit. Dit dra by tot ‘n uitstekende seisoen waarin hy as die top-gekeurde speler geëindig het en nog twee Grand Slam-titels verower het. Carlos Alcaraz. FOTO: ATP Tour

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 11, 2025


TENNIS: Carlos Alcaraz het sy jaar op 'n hoogtepunt geëindig
Carlos Alcaraz het sy plek as 2025 se voorste tennisspeler verseker ná ’n oortuigende 6-4, 6-1 sege oor Lorenzo Musetti in die ATP-Finals in Turyn. Die jong Spanjaard het Grand Slam-sukses in Parys en New York behaal, asook oorwinnings in Monte Carlo, Rome en Cincinnati, ondanks ’n moeilike begin wat ’n uitskakeling in die Australiese Ope ingesluit het. ATP-voorsitter, Andrea Gaudenzi, het Alcaraz geloof vir die seldsame prestasie om as die jaar se voorste speler te eindig, i

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 14, 2025


TENNIS: Alcaraz verloor openingswedstryd by die Paryse Meesterstoernooi
Die wêreld nommer een Carlos Alcaraz het erken dat hy glad nie ‘n verbintenis met die bal gevoel het nadat hy Dinsdag sy openingswedstryd by die Parys Meesterstoernooi verloor het nie. Hy is met 4-6, 6-3, 6-4 verslaan deur Brittanje se Cameron Norrie, wat 31ste geplaas is. Ten spyte daarvan dat hy ‘n sesmalige Grand Slam-wenner is, kon Alcaraz nog nie daarin slaag om die Parys Meesters-titel in vyf probeerslae te wen nie. Hy loop die risiko om sy top-plek te verloor as Jannik

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 29, 2025


TENNIS: Alcaraz verdedig sy besluit om aan die Six Kings Slam-toernooi deel te neem
Carlos Alcaraz het sy besluit verdedig om aan die hoogs betaalde Six Kings Slam-toernooi in Saoedi-Arabië deel te neem, ten spyte van vroeëre kommer oor die oorvol ATP-skedule en sy fiksheid. Sy deelname het kritiek ontlok gegewe die verskyningsfooi van $1,5-miljoen en die wenprys van $6-miljoen. Die Spanjaard, wat onlangs aan die Sjanghai-toernooi onttrek het om van ‘n enkelbesering te herstel, sê die toernooi se kort formaat en ontspanne aard maak dit baie minder veeleisend

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 17, 2025
bottom of page

