top of page



Verdagtes wat glo by verskeie winkels in Bloem steel is vas
Twee verdagtes wat glo by verskeie diefstalvoorvalle in Bloemfontein verbind kan word is Maandagoggend vasgetrek. Securiforce Rapid Response se Johan Maritz sê aan Rosestad-nuus hulle het ‘n panieksein vanaf ‘n sekuriteitswag by ‘n winkelsentrum in Langenhovenpark ontvang. Volgens die bestuurder van ‘n apteek by dié sentrum was die twee mans besig om te steel. Met Securiforce se Rapid Response en reaksie-eenhede se aankoms by die toneel is een van die verdagtes binne die apt

Saamgestel deur Nadia Pieters
2 days ago


‘n Bloemfonteinse reaksie-eenheid keer ‘n vermeende dief aan
‘n Vermeende dief is in Langenhovenpark, Bloemfontein, deur die burgerregteorganisasie AfriForum se 911 reaksie-eenheid aangekeer. Luidens ‘n plasing op sosiale media het hulle hom met ‘n sak vol sporttoerusting opgemerk. Daar word vermoed dat die items gesteel is. Hulle noem verder dat die verdagte glo aggressief opgetree het en sy en inhegtenisname teëgestaan het. Verskeie veiligheidsrolspelers het bystand verleen, en die verdagte is uiteindelik suksesvol aangekeer. Hy is a

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 12, 2025


Diefstal laat Bloemfonteiners in die duister
Bloemfontein se kragvoorsiener, Centlec, ontvang talle klagtes van gesteelde airdac-kabels, dit is die kabels wat meters met die netwerk verbind. Luidens ‘n aanlyn plasing het Centlec reeds ‘n anderstand met die herinstallasies van dié kabels, en dus word Bloemfonteiners gedwing om maande vir herinstallasie te wag. Centlec voeg by dit is verder ook nie volhoubaar nie, aangesien miljoene rande vermors word, en hulle gedwing word om die selfde probleme oor en oor op te los. Die

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 5, 2025


Vuurwapens is by ‘n Vrystaatse munisipale gebou gesteel
Die polisie in die Vrystaat het ‘n klopjag vir sake-inbraak van stapel gestuur na vuurwapens glo by die Moqhaka Parke munisipaliteitsgebou in Kroonstad Sentraal gesteel is. ‘n Werknemer van die munisipaliteit het glo die misdaad ontdek toe hy by die werk opgedaag het. Hy het eers opgemerk dat die alarmbeheerkas beskadig was en die deur na die Wapenkamer/Amnestiekamer met geweld oopgemaak is. Binne die Wapenkamer is ontdek dat twee staalkluise oopgeforseer is. Polisiewoordvoer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 3, 2025


Vrystaat-boere stort hul harte uit oor veediefstal
Vrystaat-boere het hul harte voor die parlement se gekose komitee oor veiligheid en justisie uitgestort oor die toename in veediefstal en misdaad aan die Lesotho-grens. Netwerk24 berig verteenwoordigers van Agri-SA, Vrystaat Landbou en die polisie was onder andere teenwoordig om terugvoer te lewer. Een van die boere het begin huil toe hy vertel hoe sy vee gesteel is. Hy waarsku dat Suid-Afrika uiters kwesbaar vir bedreigings bly solank grensbeheer met Lesotho nie versterk ni

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 24, 2025
bottom of page

