top of page



GBV: Geen ministeriële magte verander nadat ramp geklassifiseer is nie
Geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord (GBVF) is as ’n nasionale ramp geklassifiseer, en nie as 'n nasionale ramp verklaar nie. Weens hierdie onderskeid bly die ministeriële magte, regulasies en hulpbrontoekennings onveranderd. Netwerk24 berig president Cyril Ramaphosa het dié uitlating gemaak in ’n geskrewe parlementêre vraag en antwoord aan ActionSA-LP Dereleen James. James wou in die lig van die klassifikasie ook by Ramaphosa weet watter bykomende hulpbronne ontplooi sal w

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 31, 2025


Geslagsgebaseerde geweld vereis uitsonderlike optrede
Suid-Afrika se volgehoue hoë vlakke van geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord kom neer op ‘n nasionale ramp wat uitsonderlike optrede vereis. In President Cyril Ramaphosa se weeklikse nuusbrief voeg hy by dat die land steeds van die wêreld se hoogste koerse van geweld teen vroue en meisies aanteken. Met verwysing na die Menswetenskappe Navorsingsraad se nasionale studie oor geslagsgebaseerde geweld en vrouemoord van 2022, het hy opgemerk dat meer as 35% van vroue ouer as 1

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 9, 2025


Meer skuilings vir mans word benodig
Die nie-regeringsorganisasie, Helping Hands, sê Suid-Afrika moet meer skuilings bou vir mans wat geslagsgebaseerde geweld in die gesig staar. Volgens die organisasie is daar slegs twee sulke skuilings in die hele land en hulle is in Limpopo en die Wes-Kaap. Hepling Hands voeg by baie mans het weens mishandeling van ander mans en van vroue hulp nodig. Die organisasie sê verder maatskaplike werkers weet nie hoe om hierdie mans te help wanneer hulle hul nader en ‘n plek nodig he

Saamgestel deur Nadia Pieters
Dec 8, 2025


#WomenForChange: Geslagsgebaseerde geweld 'moet 'n nasionale krisis wees’
'n Nie-winsgewende organisasie vir die konstitusionele regte van vroue en kinders in Suid-Afrika, Women for Change, gaan 'n landwye protes-aksie uitvoer die dag voor die G20-beraad begin. NovaNews berig die vreedsame protes, genaamd die "G20 Women's Shutdown" doen 'n beroep op president Cyril Ramaphosa om geslagsgebaseerde geweld 'n nasionale krisis te verklaar. Vroue word aangemoedig om op 21 November swart of pers aan te trek, en om 12:00 vir 15 minute in stilte te lê ter e

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025


Die Vrystaatse polisie wil geslagsgebaseerde geweld uitroei
Die polisie in die Vrystaat is daartoe verbind om geslagsgebaseerde geweld uit te roei en die mees kwesbare lede van ons samelewing te beskerm. Hierdie verbintenis is versterk met die suksesvolle skuldigbevinding en vonnisoplegging van ‘n 43-jarige man in die Kroonstad-streekhof. Die voorval het in 2019 in KoeKoe Village in Maokeng plaasgevind toe ‘n 43-jarige buurman ‘n 11-jarige slagoffer verkrag het. ‘n Saak van verkragting is by die Maokeng-polisiestasie geregistreer. ‘n.

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 20, 2025
bottom of page

