top of page



Bloemfontein se klein vegtertjie doen goed
Die gesondheid van Bloemfontein se klein vegtertjie, Janique Venter, verbeter by die dag. Volgens Arms of Mercy is sy nog nie terug skool toe nie en sal sy vir eers tuis bly om haar liggaam tyd te gee om te genees. Sy sal Woensdag weer die dokter sien om haar steke en die verband op haar rug te verwyder. Klein Venter het na haar operasie om nog gewasse uit haar nek te verwyder ‘n moeilike tyd in die hospitaal gehad. Sy is verlede week ontslaan en onlangse bloedtoetse wys ‘n

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 28


Talle bid saam vir ‘n Bloemfonteinertjie se beterskap
Talle mense het besluit om Maandagoggend tussen 07:00 en 08:00 saam vir die Bloemfonteinertjie, Janique Venter, se beterskap te bid. Luidens ‘n plasing op sosiale media lek groot hoeveelhede vog uit haar regteroor sedert 'n dreineringspyp verwyder is. Sy ontvang medikasie vir intensie hoofpyn en naarheid. Daar is ook kommer oor Janique se suurstofvlakke wat daal wanneer sy diep slaap en sy is dus ook tans op suurstof. Rosestad-nuus het vroeër berig die agtjarige dogtertjie h

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 12


Nog 'n groot gewas is uit 'n Bloemfonteinse meisie se nek verwyder
Klein Janique Venter van Bloemfontein het gister 'n operasie ondergaan om nog gewasse uit haar nek te verwyder. Janique is in die Mediclini-hospitaal in die stad geopereer. Haar pa, Jacques Venter, vertel aan Rosestad-nuus die dokters kon Dinsdag 98,5% van die gewas aan die regterkant van haar nek verwyder, en sekere bloedvate is gekouteriseer om verdere verspreiding te stuit. Die gewas was ongeveer 8cm groot, en dele wat na die linkerkant toe versprei het, is ook verwyder. V

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 7


Klein Bloemfonteinertjie, Janique Venter, se gewas is terug
Die gewas in die klein Bloemfonteinertjie, Janique Venter, se nek het teruggekeer en reeds na haar brein versprei. Luidens ‘n plasing op...

Saamgestel deur Nadia Pieters
Oct 4, 2025
bottom of page

