top of page




Lekota se minnares maak glo sy bankrekening leeg
Die ontslape veteraan-politikus en Cope-leier, Mosiuoa Lekota, se minnares en ma van sy kind het na bewering weke voor sy dood vroeër hierdie maand sy lopende bankrekening “leeggemaak”. IOL berig Lekota se vrou, Cynthia, het vroeër aan die hooggeregshof in Pretoria gesê dat Lekota jare gelede sy minnares, wat nie geïdentifiseer is nie om hul 16-jarige seun te beskerm, aan haar as sy “maat” voorgestel het. Sy en die ander vrou het mekaar oor tyd “verdra”. Die hof het beveel da

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 23


Doktor Alan Boesak beskryf Lekota as 'n eerlike en nederige mens.
Doktor Allan Boesak het gister die medestigter van Cope, Mosiuoa Lekota, beskryf as ‘n man wie se ware nalatenskap in sy eerlikheid, dissipline en nederigheid lê. Lekota is Saterdag in Bloemfontein in die Vrystaat ter ruste gelê. Boesak sê Lekota se nalatenskap begin en eindig nie met Cope nie. Hy sê sy waarde as persoon en sy waarde as vriend, is veel belangriker as die politieke party wat hy gestig het. Mosiuoa Lekota Begrafnis. FOTO: EWN

Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 15


Die adjunkpresident sal Lekota se lofrede lewer
Die adjunkpresident Paul Mashatile sal die lofrede by die begrafnis van die oorlede voormalige minister van verdediging en stigter van Cope, Mosiuoa Lekota, lewer. Lekota is verlede week in die ouderdom van 77 oorlede. Hy sal Saterdag met ‘n Spesiale Amptelike Begrafnis Kategorie 2 in Bloemfontein vereer word. Die Presidensie sê Mashatile sal namens president Ramaphosa en die Republiek van Suid-Afrika praat. Mosiuoa Lekota. FOTO: SABC News

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 13


Oud-VS-premier 'Terror' is dood
Die leier van die Congress of the People (COPE) en voormalige voorsitter van die ANC, Mosiuoa “Terror” Lekota, is dood. EWN berig die 77-jarige anti-apartheidsaktivis was lank siek. Sy politieke loopbaan het geëindig toe COPE nie parlement gehaal het ná die 2024 algemene verkiesing nie. Lekota is in Kroonstad in die Vrystaat gebore, en hy is later as student in Limpopo die bynaam “Terror” gegee weens sy sokkervernuf. Hy het die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie gelei, wat

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 4
bottom of page

