top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Lekota se minnares maak glo sy bankrekening leeg

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Mar 23
  • 1 min read

Die ontslape veteraan-politikus en Cope-leier, Mosiuoa Lekota, se minnares en ma van sy kind het na bewering weke voor sy dood vroeër hierdie maand sy lopende bankrekening “leeggemaak”.


IOL berig Lekota se vrou, Cynthia, het vroeër aan die hooggeregshof in Pretoria gesê dat Lekota jare gelede sy minnares, wat nie geïdentifiseer is nie om hul 16-jarige seun te beskerm, aan haar as sy “maat” voorgestel het. Sy en die ander vrou het mekaar oor tyd “verdra”.


Die hof het beveel dat Lekota van Mei verlede jaar tot sy dood op 4 Maart nie by sy volle verstand was nie en onbekwaam was om sy eie sake te bestuur. Dit beteken dat al die onttrekkings wat sy minnares uit sy rekening gemaak het, sonder sy toestemming was.


Die hof het gehoor dat die minnares versuim het om die hof in haar vertroue te neem en die betalings aan haarself uit die gesamentlike bankrekeninge van Lekota en Cynthia te verduidelik. Sy het tussen April 2024 en 12 Februarie vanjaar meer as R1 miljoen aan haarself oorbetaal.


Die regter het die minnares met ’n bestraffende kostebevel belas.


Cynthia Lekota by haar man, Mosiuoa, se begrafnis. FOTO: Journal News
Cynthia Lekota by haar man, Mosiuoa, se begrafnis. FOTO: Journal News

Comments


bottom of page