top of page

Oud-VS-premier 'Terror' is dood

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 5 days ago
  • 1 min read

Die leier van die Congress of the People (COPE) en voormalige voorsitter van die ANC, Mosiuoa “Terror” Lekota, is dood. EWN berig die 77-jarige anti-apartheidsaktivis was lank siek.


Sy politieke loopbaan het geëindig toe COPE nie parlement gehaal het ná die 2024 algemene verkiesing nie.


Lekota is in Kroonstad in die Vrystaat gebore, en hy is later as student in Limpopo die bynaam “Terror” gegee weens sy sokkervernuf.


Hy het die Suid-Afrikaanse Studente-organisasie gelei, wat daartoe gelei het dat hy vir verraad Robben-eiland toe is. Daar het hy Nelson Mandela ontmoet. Hier het hy ook sy “Black Consciousness”-houding vir nie-rassigheid verruil.


Hy was van 1994 tot 1996 premier van die Vrystaat, en het ook as minister van verdediging gedien. Hy en ander het COPE in 2008 gestig.


Mosiuoa "Terror" Lekota. FOTO: News24
Mosiuoa "Terror" Lekota. FOTO: News24

Comments


bottom of page