top of page



Bosa sê die matriekslaagsyfer is misleidend
Volgens Bosa is die slaagsyfer vir die matriekklas van 2025 ‘n misleidende syfer - en is in werklikheid laer as 88%. Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, het Maandag die uitslae vir die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamens onthul. Van die meer as 1.7 miljoen leerders wat in 2014 as graad 1’s skool begin het, het slegs byna 680 000 voltydse leerders verlede jaar matriek geslaag. Bosa se woordvoerder, Roger Solomons, sê dit weerspieël die werklike slaagsyfer

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 13


Die 2025-matriekklas behaal die hoogste slaagsyfer ooit
Die Matriekklas van 2025 het 'n slaagsyfer van 88% behaal, 'n toename van verlede jaar se 87.03%, én die hoogste ooit in die land se nasionale senior sertifikaat geskiedenis. Die uitslae is Maandagaand deur die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, vrygestel. Volgens die Vrystaatse Departement van Onderwys het die Vrystaat vanjaar na die tweede posisie afgeskuif met ‘n slaagsyfer van 89.33% - KwaZulu Natal is nou nommer een met 90.8%. Die department het onderwysers,

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 13


Die Onafhanklike Eksamenraad spog met ‘n 98% slaagsyfer
Die 2025-matriekklas wat hul eksamens deur die Onafhanklike Eksamenraad afgelê het, het ‘n slaagsyfer van 98.3% behaal. Dit is laer as die 98.47% wat in 2024 behaal is. Die raad sê hulle verwag skommelinge in die totale slaagsyfer namate dit aanhou groei en geografies uitbrei. Hulle voeg by dit is belangrik om hoë vlakke van prestasie en standaarde te handhaaf om toegang tot graadstudie te verseker. Ten minste 161 leerlinge het onderskeidings in al sewe hul vakke behaal, en 1

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 12


Gwarube stel matriekuitslae vry
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, stel Maandag die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenuitslae vry. Volgens die Departement van Basiese Onderwys het meer as 920 000 kandidate die eksamens regoor die land afgelê. Dit verteenwoordig een van die land se grootste nasionale assesseringsprosesse. Instussen berig SABC News die Vrystaat het sedert 2016 agt keer die beste uitslae in die land gehad. Die onderwysdepartement se woordvoerder, Howard Ndaba, sê danksy

Saamgestel deur Nadia Pieters
Jan 12


Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly
Die matriekslaagsyfer gaan onveranderd bly. LP’s het Dinsdag teen Bosa se voorgestelde resolusie gestem om die slaagsyfer van 30% na 50% te verhoog. Die MK-party, EFF, IVP, ActionSA, Rise Mazansi, Bosa en die ATM het almal ten gunste van die voorstel gestem, maar hulle stemme was nie genoeg nie. 'n Totaal van 190 LP’s het teen die voorstel gestem met 87 ten gunste daarvan. Die leier van Bosa, Mmusi Maimane, het in sy motivering vir die voorstel gesê die land moet hoër verwagt

Saamgestel deur Ilde Roos
Dec 3, 2025


Bosa sê die matriekslaagsyfer is te laag
'n Hewige debat is in die parlement ontketen toe parlementslede oor Suid-Afrika se 30% matriekslaagsyfer en die stand van basiese onderwys gestry het. Die debat is deur Bosa se leier, Mmusi Maimane, begin en het gefokus op die vraag of die Departement van Basiese Onderwys die 30% vakminimum moet afskaf, standaarde moet verhoog en strukturele swakhede in die skoolstelsel moet hersien. Maimane het aangevoer dat die toekoms van werk sterk afhanklik sal wees van wiskunde en weten

Saamgestel deur Ilde Roos
Nov 30, 2025
bottom of page

