top of page

Gwarube stel matriekuitslae vry

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jan 12
  • 1 min read

Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, stel Maandag die 2025 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamenuitslae vry.


Volgens die Departement van Basiese Onderwys het meer as 920 000 kandidate die eksamens regoor die land afgelê.


Dit verteenwoordig een van die land se grootste nasionale assesseringsprosesse.


Instussen berig SABC News die Vrystaat het sedert 2016 agt keer die beste uitslae in die land gehad.


Die onderwysdepartement se woordvoerder, Howard Ndaba, sê danksy intervensies en ondersteuning wat aan leerders gebied was, is hulle vol vertroue dat hulle weer hul doel van ‘n 95% slaagsyfer sal bereik.


Ndaba het ook leerders wat nie slaag nie angemoedig om van die Tweede Kans Matriekprogram gebruik te maak.


Siviwe Gwarube. FOTO: News24
Siviwe Gwarube. FOTO: News24

Comments


bottom of page