top of page



RUGBY: Die Springbokke spog met ‘n wenrekord
Die Springbokke wat Wallis in Cardiff met 73-0 geklop het was die Springbokke se 13de uit 15 wedstryd hierdie seisoen, wat hul ‘n wenrekord van 86-komma-sewe present gee. Dit was ook Wallis se grootste nederlaag op hul tuisveld. Saterdag was die Bokke se laaste wedstryd van hul toer in die noordelike halfrond. Die enigste teleurstelling was dat Eben Etzebeth laat in die wedstryd ‘n rooi kaart gekry het nadat hy sy duim in die Walliese speler, Alex Mann, se oog gedruk het tyd

Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 1, 2025


RUGBY: Ierland-toets is nie 'n wrokwedstryd nie
Thomas du Toit en Grant Williams het skimpe dat Saterdag se kragmeting teen Ierland ‘n wrokwedstryd is, van die hand gewys en sê dat verlede jaar se noue nederlaag in Durban in die verlede is. Du Toit het beklemtoon dat die Bokke elke wedstryd afsonderlik hanteer en het Ierland se gestruktureerde styl as ‘n nuwe uitdaging uitgelig, terwyl Williams daardie sentiment beaam het. Nadat hy meer as twee jaar klubrugby in die Verenigde Koninkryk gespeel het, glo Du Toit dat die erva

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2025


RUGBY: Groot botsings wag in die nuwe Nasieskampioenskap
Die Springbokke sal volgende jaar gasheer vir Engeland, Skotland en Wallis speel as deel van die nuwe Nasieskampioenskap, met 12 spanne wat om wêreldheerskappy meeding. Suid-Afrika sal dan in November noord reis om Italië, Frankryk en Ierland te trotseer, voordat alle nasies op Twickenham saamtrek vir ‘n historiese driedaagse eindstrydnaweek wat die kampioene sal bepaal. Die hoof van SA Rugby, Rian Oberholzer, het die kompetisie as transformerend vir die wêreldkalender beskou

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 18, 2025


RUGBY: Die Springbokke bly onoorwonne
Die Springbokke het Italië Saterdag in Turyn met 32–14 geklop, maar moes weer van vroeg af herstel nadat Franco Mostert met ’n rooi kaart afgestuur is. Afrigter Rassie Erasmus sê hy bevraagteken nie die skeidsregter se beslissings nie, maar erken dat die herhaalde kaarte vir soortgelyke oortredings die span dwing om taktiese aanpassings te maak. Die Springbokke maak nou gereed vir ’n groot uitdaging teen Ierland in Dublin, en alhoewel die Bokke onoorwonne is op hul jaareindto

Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 17, 2025


RUGBY: Williams is opgewonde om Japan by die ikoniese Wembley-stadion te trotseer
Springbok-skrumskakel Grant Williams sien gretig uit na die wedstryd teen Japan by Londen se Wembley-stadion hierdie naweek. Williams, wat gekies is om op die bank te begin, beskryf dit as ‘n eer en ‘n voorreg om die Bok-groep te haal. Die afskop is Saterdagaand om 18:10. Terwyl hy opgewonde is om vir die eerste keer by Wembley te speel, bly Williams waaksaam oor Japan se vinnige skrumskakels. Grant Williams. FOTO: SA Rugby

Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 30, 2025
bottom of page

