top of page



SA loop die risiko om irrelevant te wees
Die Sentrum vir Risiko-analise (SRA) waarsku dat Suid-Afrika die risiko loop om irrelevant te word teen ‘n onstuimige globale agtergrond. Die organisasie se Chris Hattingh het kommentaar gelewer oor die Wêreld Ekonomiese Forum, wat verlede week in Davos in Switserland plaasgevind het. Volgens Hattingh het spanning by die forum belangrike besprekings oor handel, tegnologie en globale samewerking oorskadu. Hy sê daar was ‘n diep kloof tussen die Verenigde State en sy tradisione

Saamgestel deur Ilde Roos
7 days ago


'SA het ‘n sterk boodskap oor sy vordering in Davos oorgedra'
Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika het ‘n sterk boodskap oor sy vordering by die Wêreld Ekonomiese Forum oorgedra. Die forum is verlede week in Davos in Switserland gehou. Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die Suid-Afrikaanse afvaardiging in die afwesigheid van president Cyril Ramaphosa gelei. Volgens Lamola het die president se afwesigheid nie die afvaardiging se doelwitte belemmer nie. Hy sê hulle het di

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 26


Trump beplan 'n 'Nuwe Gasa'
Die Verenigde State het ’n omvattende plan vir ’n sogenaamde Nuwe Gasa onthul. Dit behels die volledige herbou van die gebied. Die plan is by die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos bekendgestel as deel van president Donald Trump se nuwe Vredesraad-inisiatief. Dit sluit woongebiede, nywerhede en toerismeontwikkeling in, asook die demilitarisering van Gasa. Hamas het voorheen geweier om wapens neer te lê sonder ’n onafhanklike Palestynse staat, terwyl internasionale reaksie op di

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 23


Trump hou vol hy wil Groenland beset
Die Amerikaanse president, Donald Trump, het sy dreigemente om beheer oor Groenland te neem herhaal, en hou vol dat die gebied noodsaaklik is vir die VSA. Hy het egter geweier om te sê hoe ver hy bereid is om te gaan om beheer oor die gebied te verkry. Die opmerkings het spanning met Europa verhoog voor sy besoek aan die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos. Europese leiers, insluitend Frankryk se president Emmanuel Macron, waarsku teen toenemende onstabiliteit, terwyl Groenland

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 21


SA besoek Switserland vir die Wêreld Ekonomiese Forum
’n Afvaardiging van Suid-Afrikaanse ministers sal hierdie week die Wêreld Ekonomiese Forum in Davos in Switserland bywoon om die land se ekonomiese herstel en beleggingspotensiaal te bevorder. Die forum duur van Maandag tot Vrydag onder die tema "A Spirit of Dialogue". Die Nasionale Tesourie sê ministers sal fokus op onlangse vordering, insluitend verbeterde elektrisiteitsstabiliteit, die land se verwydering van die Financial Action Task Force gryslys en ’n kredietgradering-o

Saamgestel deur Ilde Roos
Jan 19
bottom of page

