AfriForum eis die herprioritisering van Bloem se besteding
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Feb 17
- 1 min read
Updated: Feb 18
Die AfriForum-takke in Bloemfontein doen ’n dringende beroep op die Mangaung Metro Munisipaliteit om besteding te herprioritiseer ten gunste van basiese dienslewering.
Luidens ‘n mediaverklaring volg dit te midde van volgehoue agteruitgang in vullisverwydering, water- en padinstandhouding en kragvoorsiening.
Die organisasie beweer die metro ken steeds hulpbronne toe aan sekondêre projekte, waaronder die beplande heropening van die Bloemfontein-dieretuin, terwyl kritieke infrastruktuur verswak.
Volgens die ouditeur-generaal se 2024/2025-verslag is ongemagtigde uitgawes van R1,36-miljard aangeteken.
AfriForum het die metro tien werksdae gegee om skriftelik te reageer en ’n tydsgebonde herstelplan voor te lê.
Die organisasie waarsku dat verdere regstappe oorweeg kan word indien daar nie ingegryp word nie.








Comments