top of page

AfriForum keer 'n vermeende inbreker aan

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Feb 16
  • 1 min read

’n Vrou is ná ’n beweerde poging tot inbraak op die hoek van Skimmel- en Dapperstraat in Fleurdal aangekeer.  


Volgens AfriForum Bloemfontein is ’n klagte van die AfriForum Fleurdal Noodgroep ontvang oor persone wat glo toegang tot ’n perseel probeer verkry het.


AfriForum911 se Reaksie-Eenheid S1 en die plaaslike buurtwag het gereageer, met bystand van Fidelity ADT.


Die organisasie sê ’n vrou is met behulp van die polisie se blitspatrollie-eenheid op die toneel aangekeer.


Sake van betreding, naamskending en beskadiging van eiendom is geopen.


Die verdagte is na die Bainsvlei-polisiestasie geneem.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

Comments


bottom of page