Appèl oor die SRD-toelae word aangehoor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 day ago
- 1 min read
Die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein sal die regering se appèl rakende die maatskaplike noodtoelaag, SRD, aanhoor.
SABC News berig die Pretoriase Hooggeregshof het in Januarie verlede jaar bevind dat belangrike aspekte van die toelaestelsel onwettig is omdat dit ontwerp is om miljoene moontlike aansoekers uit te sluit.
Die Institute for Economic Justice en #PayTheGrants het die saak aanhangig gemaak, met die Socio-Economic Rights Institute of South Africa wat hulle verteenwoordig.
Die regering betwis ook bevindings oor die toereikendheid van die maandelikse R370-toelae en die inkomstedrempel van R624 vir die middeletoets. Daar word aangevoer dat dié bedrae nie tred hou met die stygende lewenskoste nie.








Comments