ATM vra dat president Cyril Ramaphosa bedank.
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 11
- 1 min read
Die African Transformation Movement (ATM) vra dat president Cyril Ramaphosa bedank ná die jongste verwikkelinge rondom die Phala Phala-skandaal.
Volgens Maroela Media volg dit nadat ’n verslag oor die saak vroeër vanjaar gedeklassifiseer is, hoewel dit nie volledig aan die publiek beskikbaar is nie en slegs deur regsprosesse verkry kan word met sekere dele wat uit geswart is.
Die ATM meen die inhoud van die verslag wek ernstige vrae oor aanspreeklikheid en leierskap, en dat Ramaphosa verantwoordelikheid moet aanvaar.
Die Phala Phala-skandaal hou verband met die diefstal van sowat $580-duisend vanaf die president se wildplaas in Limpopo in 2020.
Opposisiepartye vra ook vir groter deursigtigheid, terwyl die Presidensie volhou die geld was afkomstig van wettige besigheidstransaksies.








Comments